daniebotha-woordbediening

You are here: Home \ Woord

Woordbediening

Dit was Danie se lewensdroom om ‘n sanger te word.  Toe dit 23 jaar gelede oornag gebeur, was hy binne ‘n week ‘n voltydse sanger wat die land deurkruis het met sy passie vir sang, musiek en vir die lewe.
Dit was amper vier jaar later, - op die kruin van sy loopbaan, dat hy hom vasgeloop het teen die kruis van Jesus….!
Van daardie dag af was daar vir hom geen ander keuse as om God se roeping vir sy lewe te volg.
Vandag, negentien jaar later, is Danie bekend as ‘n “singende-prediker”en evangelis.  Sy lewenspassie is nou vir siele, die Woord en die Lewe!

 

Volg “Danie se dinge” weekliks op Kruiskyk! Uitsendings is Sondae – 20:00, Maandae – 18:30 en Donderdae – 09:30.

Tema’s handel onder andere oor: Eindtye, Openbaring en die Profetiese Tydlyn van die Bybel.

Verskeie reekse is beskikbaar op dvd en kan bestel word.